Saterdag aand (stoksielalleen)

Dit nou iets wat ek nie maklik erken nie is die feit dat ek vrek alleen is somtyds.  Soos vanaand kry die lewe my weer bietjie onder en ek wonder wat sou anders gewees het as ek maar so laf was om te trou in my jong dae.  Sou ek in elk geval alleen gewees het vanaand of sou ek kleinkinders opgepas het.

Nog erger dalk het my man my nou met sy dronkgat gesit en my siel versondig, of pak uitgedeel, of sommer net stuk kak uitgedraai.  Van wonder kom daar niks nie, dit het nou nie gebeur nie en dit is nou so.  Ek moet nou die beste van die saak maak.

Ek dink die meeste van die tyd ek is beter af as 99% van getroude vroue.  Stenig my maar as julle wil dit is my blog en my opinie.

My huis is vol diere wat altyd bly is om my te sien.  Ek het vanoggend sommer 30 km gery net om te gaan room koop, en met die terug kom slag op die nes afgekom waar die aasvoels kos gegee word.  Fantsties om dit van so naby af te beleef.  Eerste keer vir my.

Heerlik met my aftewereld in die swembadjie geplas amper die hele dag.  Ek sien die sonnetjie het my bietje gekry.

Daar ek voel nou al weer beter, beter dag as die baie mense gehad.   Maar sal soms lekker wees om iemand te kan uitkak oor die kar nie gediens is nie!!! of gras nie gesny is nie!!!

Luister na my spyskaart vir vanaand.  Blomkool patty pans en room in bak in oond.  Bak so uur en eet heerlik.

Ook van gister se skaapboud oorgebly vir ou vleisie.

Ek gaan nou bed toe met 5 honne een kat en Patrick van The Mentalist o en glas water. (ek praat kak glas coke zero, kry net nie die ou cokies gelos nie)

Heelike nag almal

BANT WAGON

Nou ja toe dit is so ek is nog steeds aan’t banting en dit gaan goed.  Moet se party dae makliker as ander maar ek gaan aan dit is nou ses weke en ek het nog net twee maal verneuk die eerste keer met twee kentucky dye.  Die vet sommer so van ken af gedrup was niks lekker nie.  En die tweede keer met blokkie fudge.  Ek sal mos nou terwyl ek suiker verban het in my lewe fudge en beskuit maar vir ekstra geld,  is dit nou nie eenvoudig nie.

Wel ek moet die room en jogurt met iets betaal want die bant raak duur spulletjie.

Beste nuus nou  EK HET 15cm om my gat verloor.  Bevange fantasties.

Haak nou weer bietjie vas met cmters maar hou nog moed ek het nog baie liniale om af te gaan.

Hoekom vanmiddag op die blog dit is te laat om skakelbord te gaan doen en ek moet myself uit die kombuis probeer hou dit is mos naweek.  Hoekom dit effek op ons kake het weet geen mens nie.  (Skakelbord = ek le op bed met selfoon)

DIE BESTE IS:

My suiker telling is nog laer ek is nou by 7.2.  Al is dit die enigste rede waarom ek dit doen is dit vir my goed.   Dit lyk vir my asof ek met my voetjies dood sal kan gaan.

Heerlikste vir my die feit dat ek amper weer in kosmaak begin belagstel met die banting eksprimente het nou die aand die lekkerste sjokelade mousse roomys iets gemaak.

My gunsteling is egter kool (sommer kopkool ) Sny slywe in pan sout, peper en room.  Bestrooi met hope knoffel. Bak in oond tot sag.

Nagereg is volroom nog beter dubbelroom yogurt met versoeter en kaneel. MMMMM

Ek sal weer terukom wil nou eers gaan swem.

Dik Vrou in Jou

Banting

Ek het vergeet om giste te vertel van die suiker resultaat met die banting.  Ek sukkel my gat af om my suiker te beheer is soms in die 20’s.  en dit is amper koma ‘n koma geval.  Nou ja ek sien nie kans om in rolstoel sonder my voetjies te wees en in nie te kan sien nie.

Vandat ek op die ander eetwyse is is my suiker die hoogste nog 10.9  Meestal onder 10.  Ek voel sommer weer mens.

Ek gaan vanoggend van gisteraand se oorskiet kos eet dit bestaan uit;

Twee vet skaaptjops

Gebraaide kool met tamatie en uie ( IN kLAPPER OLIE GEBRAAI)  ek roer ekstra botter in

en koppie koffie

Middag ete is groenslaai met feta en olyfolie om my olies in te kry.

Vanaand is room spinasie met feta

Baba murgies en patty pans vol botter

Vark vleis met alle die vet aan.

Tamatie en uie slaai olyfolie en balsamic asyn

As ek pekish voel eet ek handvol macadamia neute of volvet yougurt met kaneel en nagemaakte suikertjie.

so ja dit is vandag,  EK dink nie verder as dit nie want as ek dink aan al die vet wat moet smelt dan verloor ek  gou moed.

O ja ek swem ook so al in die rondte in my plastiek plassie. Ten minste halfuur elke dag.

Nou klink ek vir myself te goed om waar te wees.  Praat weer later

Bant or not to bant

Lanklaas hier gewees. maar nou is ek terug.  Vir jare het ek soos Lidia sal se hierdie awersie in diete.  Ek begin altyd in my moer in en na twee weke sodra ek sien dit werk dan saboteer ek myself en begin weer met die lekker kosse.  Hoe ek hierdie keer by banting uitgekom het was per ongeluk.  My vriendin kerm nou al lank aan my en elke keer wip ek my gat want sodra iemand iets van my dikgat se is ek op die verdediging en oorvreet dan vir week omdat ek myself jammer kry.  Ek is so dik dat ‘n gewone skaal my nie kan weeg nie ek sal iewers ‘n beesskaal moet kry en die vriende is nie grap nie.  Loop die trane nou sommer weer!!

Maar terug by banting ek het in drie weke as 10cm om my gat verloor!!!  Moet net se dit is nie malik om alle stysels te los nie en veral nie cold tukey nie het die eerste week gedroom van brood.  Dit was soos om op te hou rook.  In hierdie week het die rooklus my ook weer oorval maar ek het uitgehou met albei nou al amper drie weke totaal carb vry.  Nie ‘n druppel nie.  Die lus is nog daar maar dit is asof ek dit kan beheer die keer.  Kan nog nie vir jou se hoe ek begin het nie was geensins my plan nie en toe ek weer sien toe bant ek soos almal se.

Wil ook net se klomp goed in my kop ook uitgesorteer.  Vir jare het ek die vetlaag gebruik as beskeming meganisme sodat geen mens naby my kan kom nie, nie dat dit gehelp het nie maar is my skewe denkwyse het ek so gedink, ek besef nou eers op 54 ek is mooi groot iemand wat nou my te na gaan kom gaan kak ek gaan nie meer in my vet kokon wegkruip nie.

Ek maak ook die lekkerste kos.  Baning is mos hoog in vet en alles wat in die verlede verbode was is nou vepligtend so ietwat van mindset verandering maar lekkerrrr!!!  Eet die vet van die biltong, room regte botter in my kosse. MMMM

Julle moet maar die blog lees vir verdere sentimeter verslae.

Maandag

Maandag is soos die spreekwoord se blou,  maar watter kleur sal ons dan vir Sondag maak?

Vrae maar net kak vraag om net die vingers en kop los te kry.

Is daar nog iemand wat weet wat ek bedoel as ek se my siel is honger. My  siel is ongelukig net bokant my ken, en glo my ek maar seker dat die outjie nie maklik sonder ietsie lekkers is nie.

Ek het die naweek suurlemoen marmelade gemaak en so bitter soos dit is het ek goed ingeproe.  Dit is eers bitter en dan word dit heerlik.  So trots op my eerste marmelade heerlik en het ook jellie gevorm.  (die pektien)  Die goeie ou kook en geniet het vir my instruksies gegee.

My siel het hierdie bitter spul vreeslik geniet,  het growwe kits muffen mix ggemaak en stukke gemmer en rosyne ingesit.  Dit kom so warm uit oond met hope botter en marmelade.  Shit my siel is nou nog tevrede.

Blou maandag word afgesluit met pap wat ek maak met sweet corn en bietjie botter saam met vark tjoppies wat my Anna met krummel kors gaar gemaak het.

My siel juig al weer.  Wat ek met my verstand gaan doen weet ek nog nie.

Soek ietse vir julle siele ouens ons lewe net eenmaal

Ek se liewers niks van die suiker inhoud!

My Anna

Die meeste van ons het met ‘n Anna groot geword, en so word hulle as deel van die huishouding beskou maar die moer weet kan sy vir my kwaad maak,  Die probleem met my Anna en al my vorige Annas is doodeenvoudig dat hulle my om hulle pinkies kan draai en ek dink dit is waarom ek so de moer in kan raak, vir myself en nie vir die saak nie.

Nee, beteken vir Anna “hou aan kerm sy sal wel ja se”.   Want dit is presies wat gebeur, gewoonlik geld, en indien ek se ek het nie nou geld nie sal sy so ewe kontant se moenie worry nie ek weet jy sal plan maak.  Fokkit my hart het amper gaan staan.

Ek weet ook sodra jy vir Annas aanstel weet ek hoeveel skade ek bereid is om te dra met die ou huisgoedjies wat so baie gou min raak, hier weereens is my anna bo aan die lys.  2kg Suiker in week.  Sodra sy sien iets soets is gemaak dan verdwyn die suiker selfs indien iemand ander die poeding inbring sal die stupid ding vir my se maar, jy het poeding gemaak dit is waar die suiker is.

Wat ek eintlik wil weet is wanneer hou ek op?

Die ander ding is ek is so lui om my eie huiswerk te doen.  Sy het redelike verstand wat dit nie vir my nodig maak om agter haar aan te loop nie.  (teenoorgestelde eintlik waar)., en my kantoor is by die huis so dit moet altyd netjies wees.  Anna maak ook die kos in huis.

Nou weet ek hoekom is Anna nog hier.

 

Brood

My hele lewe draai om brood, dit is soos sigrette as daar nie brood in die huis is nie raak ek vreeeslik senuweeagtig, baie keer eet ek nie eers daarvan nie maar dit moet hier wees.  Regte addict.

Ek het so met die tyd dan ook geleer my eie brood bak, en ek deel die resep graag.

Baie maklike en heerlike brood.

6 koppies meel gesif

2 pakkie suurdeeg (ek neem een kits suurdeeg en een van daai wat gebruik word om bier mee the brou so blou pakkie)  Die bier se gis moet net in water opgelos word en die kis ene word sommer in die meel gegooi

1 eetlepel sout

1 eetlepel suiker (enige kleur, dit is net om die brood mooi bruin te bak).

3 tot 4 koppie louwarm water waar  twee eiers ingeklits is

Die hele spul in een bak en nou begin die knie gedeelte die groot geheim van brood is juis dit.  Vir die van ons wat nie kan ophou peuter aan deeg nie is dit die idiale ding om te maak want hoe meer jy knie hoe beter is die tekstuur. Ek gebruik my handklitser met die deeg hakke, luigat vir knie maar broodlus oorweldig alles.

Die ander geheim is die deeg moet nie te styf wees nie hoe sal ek nou verduidelik dit moet amper te slap wees om mee te wrk.  Sleapper as die deeg wat jy by Spar koop sal ek se.

Nou as die spul deeg lekker glad is van die peuter kan jy paar dinge doen.

Eerstens: in broodpan om te rys.  Ek sit sommer die pan in wasbak met lekker warm water en nou nou is die broodjie bo-oor pan en gereed vir oond.  Bak ten minste 40 minute jy sal sien die brood trek weg van die kante van die pan wat jy so terloops lekker goed gesmeer het met olyf of gewone olie.  Groot broodpan soos boerbrood.

Tweedens: Vetkoek!!!

Laat deeg uitreis knie weer af en knyp balletjies af trek plat en bak in diep olie.  Dek solank die tafel want jy gaan jou vingers  afeet my gunsteling smeer is Bovril.

Derdens

Jy kan nou gegeurde brode maak soos jy wil met salami olywe kaas amper enigiets.

Verskoon my ek gaan gou kombuis toe sal later weer laat weet wat het van brood geword.